Privaatheidsbeleid

‘Persoonlike, identifiserende inligting’ is unieke inligting wat gebruik kan word om u te identifiseer, soos byvoorbeeld u naam, posadres, e-posadres, telefoonnommers en kredietkaartnommers. Om deur hierdie webwerf ‘n diens te kan lewer, mag ons moontlik vra dat u ons van persoonlike, identifiserende inligting voorsien. A & H Wendys sal dalk u persoonlike, identifiserende inligting met ander besighede of entiteite (derde partye) waarmee ons ‘n besigheidsverhouding het, deel ten einde die diens wat u gevra het te kan lewer. A & H Wendys sal slegs u persoonlike, identifiserende inligting deel ooreenkomstig die bepalings van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, no. 25 van 2002. Die derde partye waarmee A & H Wendys u persoonlike, identifiserende inligting deel, mag nie die inligting wat ons met hulle deel gebruik vir enige iets anders as die lewering van die diens wat u versoek het nie.

A & H Wendys sal nie persoonlike, identifiseerbare inligting oor individuele gebruikers oordra na nie-geaffilieerde derde partye sonder die goedkeuring van die gebruiker by die afneem van die inligting nie. By die afneem van u inligting, sal u die geleentheid gegun word om aan te dui of u dit sal verkies om eerder nie reklame- of bemarkingsinligting oor ander produkte, dienste en aanbiedings vanaf A & H Wendys en/of enige derde partye te ontvang nie.

A & H Wendys behou die reg voor om, nieteenstaande u keuse om geen reklame-inligting te ontvang nie, u te kontak ten opsigte van rekeningstatus, veranderinge in die bepalings en voorwaardes en ander kwessies relevant tot die onderliggende dienste en/of inligting wat versamel is.

A & H Wendys hou verder die reg voor om statistiese ontleding van gebruikersgedrag en kenmerke uit te voer ten einde die belangstelling in en die gebruik van die verskeie areas van die webwerf en die dienste te meet en om adverteerders van sodanige inligting asook die aantal gebruikers wat blootgestel is aan of op hulle advertensies gekliek het, in kennis te stel. Ons kan u inligting openbaar aan ander geaffilieerde maatskappye van A & H Wendys, insluitend die aandeelhouers in A & H Wendys, hulle onderskeie vennote, agente en subkontrakteurs, vir enige van bogenoemde doeleindes. Hierby kan ons ook u inligting openbaar waar dit wetlik verplig word in terme van die wette van die Republiek van Suid-Afrika.

 

 

 


 

Wat is 'n...
  Wendyhuis?

 


Omtrent dié webwerf:
  Webblaaiers   Werfkaart

 


Regsbepalings:
  Privaatheid
  Vrywaring