Beperkte Aanspreeklikheid en Vrywaring

A & H Wendy Houses aanvaar nie verantwoordelikheid nie vir enige besering, verlies, uitgawe of skade van welke aard ookal gely of aangegaan deur enige persoon wat op hierdie webwerf aanteken of dit gebruik (‘die Gebruiker’) as gevolg van die Gebruiker se aanteken op hierdie webwerf, die gebruik van enige diens aangebied op hierdie webwerf of die staatmaak op enige inligting vervat op hierdie webwerf vir enige rede hoegenaamd, insluitend, sonder beperking, enige besering, verlies, uitgawe of skade wat tot stand gekom het as gevolg van een van die volgende:

  • foutiewe inligting vervat op die webwerf
  • ongemagtigde toegang tot hierdie webwerf deur derde partye
  • enige staantyd of breek van enige toerusting of toegangsmedium tot hierdie webwerf
  • enige breek of onbeskikbaarheid van enige van A & H Wendy Houses of enige derde partye se fasiliteite of stelsels
  • die vernietiging of toegang tot die Gebruiker se data of rekenaartoerusting
  • enige wysiging, aanpassing, opgradering of opdatering van hierdie webwerf of enige tegnologie, apparatuur of programmatuuraanpassing wat deel van hierdie webwerf vorm

Die Gebruiker vrywaar A & H Wendy Houses teen enige eis of regsaksie wat teen A & H Wendy Houses ingestel word wat direk of indirek voortvloei uit die Gebruiker se gebruik van of toegang tot hierdie webwerf.

A & H Wendy Houses behou die reg voor om hierdie webwerf of enige deel daarvan op sy eie diskresie en te enige tyd te verander, aan te pas, op te gradeer, op te dateer, op te skort of te onttrek.

Hierdie webwerf kan hiperskakels na derdepartywebwerwe bevat. A & H Wendy Houses aanvaar nie aanspreeklikheid vir die inhoud of die dienste aangebied deur daardie webwerwe nie. Die hiperskakel(s) word slegs vir u gemak voorsien en moet nie beskou word as ‘n openbare of ‘n geïmpliseerde endossement deur A & H Wendy Houses van die webwerf(-we) of die produkte of dienste wat daarop voorsien word nie. Hierdie webwerwe kan ook opinies en sienings bevat wat nie noodwendig ooreenkom met ons opinies of sienings nie. Die Gebruiker verkry toegang tot daardie webwerwe en gebruik hulle produkte en dienste alleenlik op die Gebruiker se eie risiko.

Tensy uitdruklik die teendeel aangedui word, besit A & H Wendy Houses die intellektuele eiendomsregte in en tot hierdie webwerf en word die ongemagtigde gebruik hiervan uitdruklik verbied.

 

 

 


 

Wat is 'n...
  Wendyhuis?

 


Omtrent dié webwerf:
  Webblaaiers   Werfkaart

 


Regsbepalings:
  Privaatheid
  Vrywaring