Welkom by A&H Wendys – Jou Betroubare Wendyhuis-Spesialiste
A&H Wendys is ’n trotse familiebesigheid, gestig en bestuur deur Hein Muller en die Muller-familie. Met meer as 22 jaar se ervaring in die bedryf, het ons ’n reputasie opgebou vir gehalte, betroubaarheid en uitstekende vakmanskap in die ontwerp en bou van Wendyhuise.
Wat as ’n klein familie-onderneming begin het is uitgebou tot ’n vertroude naam wat talle tevrede klante bedien het met duursame, stylvolle en funksionele buitestrukture. Ons toewyding aan uitstekende diens, billike pryse en persoonlike oplossings sorg daarvoor dat elke kliënt ’n Wendyhuis ontvang wat perfek by hul behoeftes pas.
Of jy nou opsoek is na ’n speelplek vir die kinders, ’n tuinateljee, ’n tuiskantoor of veilige stoorplek, kombineer A&H Wendys dekades se kundigheid met ’n passie vir uitstekende werk.
Wat ons doen
Ons is die voorste vervaardiger van hout Wendyhuise – toegerus met veselsement of gegalvaniseerde sinkplaatdakke (golfplaat). Ons hout Wendyhuisies is toegerus met stewige houtvloere en glasvensters in staalrame. Die mure word uit oondgedroogde, gegradeerde Suid-Afikaanse dennehout vervaardig.
Die voordele van ons wendyhuise
Ons wendyhuisies word vir tien (10) jaar gewaarborg. Ons streef daarna om altyd binne die ooreengekome tyd af te lewer en altyd bo verwagting te presteer.
Spesiale aanbiedings
Kontak ons vir meer inligting aangaande huidige spesiale aanbiedinge!
- Telefonies
- per e-pos
Wie is ons
A&H Wendys is ‘n familiebesigheid met meer as twintig jaar se vervaardigingservaring.
Ons is trots op ons vakmanskap en produkte, en gebruik slegs die beste beskikbare materiale.
Ons is hier om u, die kliënt, tevrede te stel en sal poog om aan u spesifieke behoeftes en vereistes te voldoen.
Blog
Geskiedenis